Reference
Vilia Reynolds doen haar internskap in die gebruik van Traumatic Incident Reduction by my as ‘n Senior Opleier van Applied Metapsychology International (AMI).
Sy her reeds die ander werkswinkels van AMI wat ek ook aanbied, ook by my voltooi. Dit was vir my opmerklik dat sy ‘n baie goeie begrip van AMI se teorie het, en dat sy al die verskillende tegnieke baie goed kan toepas.
As deel van die internskap moes sy van haar sessies op kliente vir my terugvoer gee, en ek kon duidelik sien dat sy uitstekende resultate behaal. Ek is baie trots op haar en die werk wat sy doen.
Ek het volle vrymoedigheid om haar aan te beveel.
Ds Louis Hough, Pastorale & Trauma Berader
