Reference
Villa Reynolds is welbekend in die Toegepaste Metasielkunde wêreld. Haar passie en ywer om mense te help leef sy uit en sy het onlangs die gevorderde opleiding in "Ability Enhancement" gedoen wat n totaal van agt intense werkswinkels is. Hierdie werkswinkels het te doel om die fasiliteerder toe te rus om n kliënt op dieper gebiede van emosionele groei te neem en om lewens spannings wat op dieper vlakke lê na vore te bring en die kliënt te help om daardeur te werk. Om hierdie tegnieke te doen vra kundigheid en toegewydheid van die fasiliteerder en Villa het haarself op verskeie gebiede al bewys as n kundige en toegewyde fasiliteerder.
Villa is opgelei om n verskeiedenheid van tegnieke te gebruik en dit maak van haar betroubare en bekwame persoon in haar werksomgewing.
Ds Henning Mostert, Aanbieder van AMP Werkswinkels en ‘n opleier van AMP Interns
