Testimonial
Die trauma-berading het my meisiekind, wat 12 jaar oud is, se lewe verander. Sy voel nou dat sy dit werd is om liefgehe te word en dat sy n baie spesiale dogtertjie is. En haar selfbeeld is soveel beter, al ervaar sy nog verwerping party dae. Tannie Vilia is fantasties. Sonder haar sou my meisiekind nie emosioneel so ver gevorderd gewees het nie. Tannie Vilia was gestuur oor ons pad toe ons dit regtig nodig gehad het. Ek sal enige een aanbeveel wat berading nodig het, om met tannie Vilia te skakel en n afspraak te maak. Dit kan jou lewe ook verander.
Nonnie, South Africa
