Getuienis van my sessies by Vilia Reynolds Ek kon uit n gebroke huis .... waar ek my regtigte pa geken het as n R10 pappa .... Mamma is wee getroud met kwaai man .... waar ek maar baie streng groot gemaak was .... ek en my boetie en stief sus kom glad nie oor die weg .... die verkragting .... my eie pa se dood en stiefpa se dood .... en ook verwerping ens. Ek het begin by ( Vilia) Wieletjies soos ek haar noem .... bitter intens .... my storie vertel .... en sy was streng en ferm .... n heel ander kant wat ek nie ken .... Sy het my help ''deal'' met verwerping .... myself minder ag as ander .... my gehelp ''deal'' met vergifnis en hoe om sekere situasies beter te handteer ..... soms was daar trane ... soms woede .... maar ek Dank God Die Vader vir Wieletjies .... vir die eerste keer in my 43 jaar op aarde is ek ligter en kan ek praat oor die verkragting en alles .... sonder om kwaad of seer of woede of trane te hê .... Ek kan nou dinge beter handteer en deur storms werk .... Ek is waardig genoeg om God se ki d genoem te word .... Soveel keer was ek by mense vir gebed .... hulp en ek was n paar maande net weer terug met alles .... By Wieletjies was ek n paar keer en ek het nog nie eenkeer weer terug gekry .... inteendeel help ek nou ander meisies/seuns om deur hul storms te werk .... Ek is dankbaar vir jou Wieletjies .... dankie dat jy geluister het en my weer die wil en lus vir my lewe laat sien het ... nou dat ek dinge beter sien en verstaan .... sien ek dinge heelwat ander as toe .... Weet het daar is lig aan daai donker tonnel en God sal jou nooit los ....
Lalla, South Africa