Testimonial
Die 8ste Oktober 2023, die dag toe my man ná ’n siekbed van 2 maande sterf, het dit my hele menswees geskud. Ek het vir té lank probeer om sterk te bly, vir my werk, vir my kinders en myself, tot op ’n dag toe my lewe begin uitmekaar val. Ek glo ons Pappa Vader het vir Vilia Reynolds op my pad gestuur.
Vir een volle maand, met sessies van 2 uur elke week, het sy my gehelp met die traumapad wat ek nou moet stap om weer te kan asemhaal sonder dat my hart pyn. Party dae was baie moeilik in die begin. Ek het baie gehuil, ook van dankbaarheid vir Sy groot genade en vir dié engel, Vilia. Sy het met soveel geduld, liefde, bemoediging, rustigheid en aanmoediging my dag vir dag gehelp om elke laag van jare se trauma en treur oor my mense se heengaan uitmekaar en van mekaar af te lig.
Sy is ’n mens wat verseker in die regte posisie is en daar is om mense by te staan en te help om met elke sessie nader aan die einddoel te kom, om op ’n beter plek te kom. Want dit het sy verseker met my bereik. Ek sal jou ewig dankbaar wees. Dankie, Vilia, jy’s die beste. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir jou rol op my pad na rustigheid …
Alna du Plessis,
