Testimonial


Reload Recovery Support Ek het hierdie program by Vilia gevolg, en ek moet sê: dit was ’n ongelooflike en fantastiese program om te voltooi. Van jongs af het ek baie probleme gehad. Toe ek ’n jong meisie was, is ek verkrag. My pa het my teen my wil gedwing om ’n aborsie te ondergaan. Later, in my eerste huwelik, was ek in ’n mishandelende verhouding. Daar het baie dinge gebeur - baie. Ek het later weer iemand ontmoet en twee pragtige kinders saam met hom gehad, maar hy het later sy eie lewe geneem. Na alles het ek verslaaf geraak aan Zolpidem-slaappille. Dit het my gevoelens voortdurend verdoof. Ek wou niks voel nie; ek wou nie rou nie; ek wou nooit huil nie. Ek het die pille begin wegsteek op elke plek waaraan jy kan dink: in my gordyne, tussen tandeborselhare, in my man se winterbaadjies, in speakers en buite onder blompotte. Noem ’n plek - hulle was daar. Op ’n dag het ek begin huil en bid. Ek het agter my kar in die garage gaan sit, gehuil en vir hulp gebid. Die eerste naam wat onmiddellik by my opgekom het, was Vilia. Ek het dadelik geweet ek moet haar kontak. Sy het my met die RELOAD-program laat begin - en wat ’n lewensredder. Daardie program het my hele lewe verander. Ek kon nooit mooi iets of iemand sien nie, en vandag kan ek selfs iets moois in myself sien. Ek kan lag sonder om skuldig te voel; ek mag gelukkig wees sonder om kwaad vir myself te wees, en soveel meer. Dankie, Vilia, vir jou program. Dit het my gehelp om my lewe, my huwelik en my verhouding met my kinders op ’n nuwe manier te beleef. Die grootste van alles: ek het God deur jou program gevind. Baie dankie, Vilia. Website note: This testimonial describes one person’s personal experience. Individual experiences and outcomes vary.

Tanya , 

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultationu

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultation

© 2026 Vilia Y Reynolds | Camphor Resilience Centre (CRCTC)

Contact

Thank you for your interest in my Trauma Counseling, Coaching, Consultation and Training services.

Whether you have a question or are ready to take the next step, I welcome you to get in touch.
Please complete the contact form below, and I’ll respond as soon as possible.