Testimonial


Reload Recovery Support Ek het die Reload-program deurgegaan, en ek kan vandag met eerlikheid sê dat die program ’n groot verskil in my lewe gemaak het. Ek was vasgevang in ’n dobbelprobleem wat ’n negatiewe invloed op verskillende dele van my lewe gehad het. Deur Reload het ek geleer om my probleem anders te benader, myself beter te verstaan en verantwoordelikheid te neem vir my besluite en optrede. Die program het my nie net gehelp om op te hou dobbel nie, maar het my ook die nodige insig en gereedskap gegee om my lewe op ’n beter manier te bestuur. Vandag kan ek sê dat ek van dobbel herstel het. Ek het ’n heel ander uitkyk op dobbel en verstaan dat ek nie weer daardie pad wil volg nie. Die verandering wat ek ervaar het, is vir my persoonlik baie waardevol. Aan iemand wat dit oorweeg om Reload by te woon, sal ek sê: Gee jouself ’n kans. As jy bereid is om eerlik met jouself te wees en die werk te doen, kan Reload jou lewe verander. Dit het myne verander. Ek is dankbaar vir die hulp, ondersteuning en kennis wat ek deur Reload ontvang het, en ek sal dit met graagte aanbeveel aan iemand wat met ’n dobbelprobleem sukkel. Vriendelike groete Theunis Website note: This testimonial describes one person’s personal experience. Individual experiences and outcomes vary.

Theunis , 

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultationu

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultation

© 2026 Vilia Y Reynolds | Camphor Resilience Centre (CRCTC)

Contact

Thank you for your interest in my Trauma Counseling, Coaching, Consultation and Training services.

Whether you have a question or are ready to take the next step, I welcome you to get in touch.
Please complete the contact form below, and I’ll respond as soon as possible.