Testimonial


CARES Kinder Traumaberading Ek skryf hierdie boodskappie met trane in my oë, maar trane van dankbaarheid. As ’n mamma wat alleen vir my kinders sorg en elke dag probeer om my kop bo water te hou, is dit soms baie swaar. Ek wil uit my hart uit dankie sê vir die ondersteuning en bystand wat Tannie Vilia vir my dogter gegee het. Vandat sy by Tannie Vilia is, sien ek ’n ander kind: Sy vaar beter op skool. Sy praat nou oor haar gevoelens. Sy het geleer om “nee” te sê. Sy staan op vir haarself. En die mooiste van alles is: As iets haar pla, wil sy elke keer net teruggaan na Tannie Vilia toe. Daar voel sy veilig. Vir ’n ma is daar geen groter geskenk as om jou kind weer te sien glimlag nie. Tannie Vilia is nie net ’n berader nie; Tannie is ’n engel wat op my pad gestuur is. Ten spyte van my omstandighede, en dat ek dit nie altyd kan bekostig nie, is Tannie steeds bereid om my dogter te help. Dit wys net watter mens Tannie is—met ’n hart van goud. Baie dankie, Tannie Vilia en Camphor Trauma Centre, dat julle regtig omgee vir ons kinders. Julle verander lewens. Mag die Here Tannie ryklik seën vir die werk wat Tannie doen. Met opregte dank en waardering ’n Dankbare Mamma Website note: This testimonial describes one parent’s personal experience. Individual experiences and outcomes vary.

Getuienis van ’n Dankbare Mamma , 

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultationu

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultation

© 2026 Vilia Y Reynolds | Camphor Resilience Centre (CRCTC)

Contact

Thank you for your interest in my Trauma Counseling, Coaching, Consultation and Training services.

Whether you have a question or are ready to take the next step, I welcome you to get in touch.
Please complete the contact form below, and I’ll respond as soon as possible.