Testimonial


LovePatch Traumaberading Ek is ’n getroude vrou en ’n ma van ’n 21-jarige kind. Soos die lewe aangaan, gebeur dit soms dat ons soveel verantwoordelikhede dra dat ons onsself iewers langs die pad verloor. Ons probeer sterk wees vir almal rondom ons. Ons is daar vir ons kinders, ons huweliksmaats, ons ouers en ander mense wat ons nodig het. Maar wat gebeur wanneer jy altyd daar is vir ander, en jy later voel asof daar niemand is wat werklik daar is vir jóú nie? Jy raak emosioneel oorlaai. Jou hart voel swaar. Jy voel alleen, selfs wanneer daar mense rondom jou is. Later weet jy nie meer of jy kom of gaan nie, en jy besef dat jy nie meer weet hoe om al jou gevoelens te hanteer nie. Ek het op ’n dag besef: Ek kan nie meer so aangaan nie. My emosies was oorvol. Ek het alleen gevoel en geweet dat ek hulp nodig het. Ek het op Facebook gegaan en die kontaknommer van ’n traumaberader gekry. Ek het die moed bymekaargeskraap, haar gebel en reeds die volgende dag vir my eerste sessie gegaan. Daardie besluit was een van die belangrikste besluite wat ek vir myself kon neem. Deur hierdie proses het ek begin om myself weer te leer ken. Ek het begin verstaan dat my gevoelens ook saak maak; dat ek ook verdien om gehoor te word; en dat dit nie verkeerd is om hulp te vra nie. Ek het myself weer ontdek. Ek het begin om weer myself te wees. Vandag kyk ek anders na myself en na my lewe. Ek het geleer dat ek nie alles alleen hoef te dra nie. Ek het geleer dat dit nie selfsugtig is om na jouself om te sien nie, en dat dit nooit te laat is om hulp te vra en weer jou eie mens te ontdek nie. Ek is nog op my pad, maar ek is dankbaar vir hoe ver ek reeds gekom het. Ek het weer begin om myself te vind en is besig om my lewe ten goede te verander. As my getuienis net een vrou kan help om te besef dat sy nie alleen is nie, en haar die moed kan gee om hulp te soek, dan het dit reeds ’n verskil gemaak. Aan julle twee Baie, baie dankie vir julle ondersteuning, leiding en die verskil wat julle in my lewe gemaak het. Julle is vir my soos engele wat op die regte tyd oor my pad gestuur is. Sonder julle hulp sou ek nie vandag op die plek gewees het waar ek nou is nie. Julle het my gehelp om myself te ontdek en die moed te vind om my lewe ten goede te verander. Hiervoor sal ek altyd dankbaar wees. Met ’n dankbare hart ’n Vrou wat besig is om haarself te vind Erika Met dank en waardering aan Camphor Trauma Centre CRCTC Life Coaches Vilia en Jaclyn Website note: This testimonial describes one person’s personal experience. Individual experiences and outcomes vary.

Erika se Getuienis , 

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultationu

CRCTC Camphor Resiliance Centre for Trauma Training Counselling and Consultation

© 2026 Vilia Y Reynolds | Camphor Resilience Centre (CRCTC)

Contact

Thank you for your interest in my Trauma Counseling, Coaching, Consultation and Training services.

Whether you have a question or are ready to take the next step, I welcome you to get in touch.
Please complete the contact form below, and I’ll respond as soon as possible.